Talle ondersteuners het vanoggend die Suid-Afrikaanse Olimpiese span op die O.R. Tambo-lughawe by Kemptonpark terugverwelkom.
Die meer as 130 sportlui is in die aankomssaal toegejuig.
Wayde van Niekerk en Sunette Viljoen was nie saam met die span nie, omdat hulle regstreeks na Switserland gaan vlieg vir ‘n Diamantligabyeenkoms van die IAAF.
Saskok se president, Gideon Sam, het Suid-Afrikaners bedank vir hulle ondersteuning vir die span tydens hulle deelname aan die Rio Spele.
The post WELKOM TERUG SA SPAN! appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.