![AMPTENAAR IN HOF VIR BEDROG, KORRUPSIE](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Hof_2-37-150x150.jpg)
’n Amptenaar van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley verskyn vandag in die hof nadat hy gisteroggend weens beweerde bedrog en korrupsie van R2,2 miljoen in hegtenis geneem is.
Die amptenaar, wat nie voor sy eerste hofverskyning geïdentifiseer mag word nie, is reeds vroegoggend deur die Valke by sy huis besoek.
‘n Woordvoerder van die Valke sê die verdagte is ’n tegniese assistent in diens van die boubeheerafdeling van die Noord-Kaapse munisipaliteit.
The post AMPTENAAR IN HOF VIR BEDROG, KORRUPSIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.