![TRUMP BENOEM GORSUCH AS KONSERWATIEWE REGTER](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-120-150x150.png)
Pres. Donald Trump het die 49-jarige Neil Gorsuch ’n konserwatiewe regter benoem om die plek van wyle regter Antonin Scalia in die Amerikaanse hooggeregshof te vul.
Gorsuch, regter van Denver in die deelstaat Colorado, moet deur die Amerikaanse senaat bevestig word, in wat na verwagting ’n taai stryd gaan wees.
Die top demokraat in die Senaat Chuck Schumer sê sy party gaan elke moontlike taktiek gebruik om Gorsuch se lewenslange aanstelling te verhoed.
The post TRUMP BENOEM GORSUCH AS KONSERWATIEWE REGTER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.