![BESWAARSKRIF TEEN TRUMP SE BESOEK AAN BRITTANJE](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-105-150x150.png)
Meer as ‘n miljoen mense het reeds ‘n beswaarskrif in Brittanje onderteken om ‘n voorgestelde staatsbesoek deur Amerika se president Donald Trump te kanselleer.
Dit kom te midde van toenemende woede oor sy uitvoerende bevel om immigrasie na die VSA stop te sit, en volgens die petisie moet Trump nie toegelaat word om Koningin Elizabeth te ontmoet nie.
Die uitnodinging van die koningin aan Trump is verlede week deur die Britse eerste minister, Theresa May, tydens haar besoek aan Trump bekend gemaak.
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het Trump ook vroeër skerp gekritiseer oor sy immigrasiebeperkings.
Sy sê selfs in die verbete stryd teen terrorisme, is dit steeds nie geregverdig is om mense van ’n sekere afkoms of geloof as verdag te bestempel nie.
Volgens Merkel se woordvoerder het sy Trump Saterdag gebel en hom herinner aan die verpligtinge kragtens die Geneefse konvensie oor internasionale menseregte waarin ’n oproep aan die internasionale gemeenskap gedoen word om oorlogsvlugtelinge weens menslikheidsredes in te neem.
The post BESWAARSKRIF TEEN TRUMP SE BESOEK AAN BRITTANJE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.