![VERHOOR VAN BREYTENBACH WORD HERVAT](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-101-150x150.png)
Die verhoor van die voormalige aanklaer van die Nasionale Vervolgingsgesag, Glynnis Breytenbach, oor beweerde misdrywe uit die tyd toe sy nog as senior aanklaer daar gewerk het, sal na verwagting vandag in die Pretoria-Noord-landdroshof hervat word.
Breytenbach, wat ‘n DA-parlementslid is, en haar voormalige prokureur, Gerhard Wagenaar, staan tereg op aanklagte van dwarsboming van die gereg omdat sy na bewering geweier het om haar skootrekenaar in 2012 te oorhandig toe sy geskors is.
Sy het glo ook dokumente en lêers sonder magtiging van die rekenaar af verwyder.
The post VERHOOR VAN BREYTENBACH WORD HERVAT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.