![STUDENT VERDRINK BY SARDINIABAAI-STRAND](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-100-150x150.png)
‘n 22-Jarige Zimbabwiese student wat in Suid-Afrika studeer het, het gistermiddag by Sardiniabaai-strand in Port Elizabeth verdrink nadat hy deur ‘n seestroom meegesleur is.
Die bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut in Port Elizabeth, Ian Gray‚ sê die man het blykbaar in ‘n gebied gaan swem waar daar nie menseredders op diens was nie.
Die man se liggaam is later tydens ‘n see-, strand- en lugsoektog sowat 500 meter van die kus af opgemerk, maar weens die onstuimige see kon dit nie bereik word nie.
The post STUDENT VERDRINK BY SARDINIABAAI-STRAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.