![SUID-AFRIKANERS IS DIE GROOTSTE DRINKERS IN AFRIKA](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-95-150x150.png)
Suid-Afrikaners is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie die grootste
drinkers in Afrika – met byna dubbel die vasteland se gemiddelde alkohol inname.
Netwerk24 berig die statistieke, wat deur Africa Check bekend gemaak is, toon dat Suid-Afrika die hoogste alkohol-innamevlak het.
Die navorsing spruit uit syfers van die WGO se data tussen 2008 en 2010 en is gemeet deur produksie, die invoer en uitvoer van alkohol en verkoopsdata in die land.
Volgens die verslag drink elke Suid-Afrikaner ouer as 15 sowat 11 liter suiwer alkohol per jaar.
Dit is die hoogste op die Afrika-vasteland en byna dubbel die gemiddelde van al 53 die lande.
The post SUID-AFRIKANERS IS DIE GROOTSTE DRINKERS IN AFRIKA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.