![WATERBOETES VIR 20 000 HUISHOUDINGS IN KAAPSTAD](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-94-150x150.png)
Amptenare van die Stad Kaapstad gaan môre begin om boetes van R5000
uit te reik aan 20 000 huishoudings wat glo nie aan die stad se waterbeperkings gehoor gee nie.
Volgens die burgemeesterskomiteelid vir waterdienste, Xanthea Limberg, het dié huishoudings minstens 50 000 liter water per maand gebruik.
Die stadsraad het Donderdag nog strenger waterbeperkings goedgekeur en dit sal van Woensdag af geld.
The post WATERBOETES VIR 20 000 HUISHOUDINGS IN KAAPSTAD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.