Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“SA SAL NOOIT TRUMP SE VOORBEELD VOLG NIE”

$
0
0
"SA SAL NOOIT TRUMP SE VOORBEELD VOLG NIE"

Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, sê pres. Donald Trump van
die VSA sit die pot mis met sy streng nuwe immigrasiebeleid en Suid-Afrika sal nooit sy voorbeeld volg nie.

Netwerk24 berig Gigaba het die media in Pretoria toegespreek ná ’n naweek van drama op Amerikaanse lughawens.

Trump se tydelike verbod op vlugtelinge en reisigers uit sewe oorwegend Moslemlande het tot verwarring en betogings op lughawens in die VSA gelei.

Volgens Trump is strenger maatreëls is nodig om radikale Islamitiese terroriste uit die land te hou.

Hy wil ook ’ n muur tussen Amerika en Mexiko bou.

Gigaba het gesê Trump se beleid is onvolhoubaar en Suid-Afrika stem nie daarmee saam nie.

Volgens Gigaba het Suid-Afrika ‘n progressiewe immigrasiebeleid wat gegrond is op menseregte, wat medemenslik is en geskoei is op die beginsel van internasionale en Afrika-solidariteit.

Intussen het regters in drie Amerikaanse state New York se voorbeeld gevolg
en die owerhede verbied om reisigers wat deur president Donald Trump se
uitvoerende bevel geraak word, te deporteer.

Die reisbeperkings is van toepassing op sewe lande met ‘n Moslem-meerderheid.

Die howe in Massachusetts, Virginia en Washington het beslis dat die deportasies onwettig is.

Regter Ann Donnelly het die owerhede in New York se Brooklyn-distrikshof beveel om hulle daarvan te weerhou om vlugtelinge te deporteer wie se toelating voorheen goedgekeur is.

Regsverteenwoordigers in die VSA werk onverpoosd om reisigers by te staan wat weens Trump se bevel op lughawens gestrand is.

The post “SA SAL NOOIT TRUMP SE VOORBEELD VOLG NIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!