Die regering het sakeondernemings gemaan om Suid-Afrikaners eerder as
buitelanders in diens neem.
Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, sê die regering is nie van plan om migrasie na Suid-Afrika te ontwrig nie, maar sakeondernemings moet seker maak dat minstens 60% van hul personeel uit Suid-Afrikaners bestaan.
Hy sê sakeondernemings kan spanning laat oorkook as hulle bevoegde Suid-Afrikaners oor die hoof sien.
Hy sê daar bestaan ‘n persepsie dat verskeie sakeondernemings nie Suid-Afrikaners in diens wil neem nie.
The post ‘SAKEONDERNEMINGS MOET SUID-AFRIKANERS IN DIENS NEEM’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.