![11 MUNISIPALITEITE MOET NOG ESKOM-SKULD BETAAL](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Bulbs-5-150x150.gif)
Eskom sê elf munisipaliteite in Noordwes, Mpumalanga en die Noord-Kaap
skarrel nog om agterstallige Eskom-rekeninge te betaal sodat hul kragtoevoer nie dié week afgesny word nie.
Woordvoerder Khulu Phasiwe het aan Rapport gesê dié munisipaliteite het nog geen vordering gemaak om hul rekeninge te betaal nie.
Hy sê verskeie munisipaliteite en provinsiale regerings het Eskom reeds vir hulp genader om kragvoorsiening by hulle oor te neem.
Altesaam 22 munisipaliteite se skuld aan Eskom beloop meer as R10 miljard.
The post 11 MUNISIPALITEITE MOET NOG ESKOM-SKULD BETAAL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.