Geen klag is tot dusver by die polisie in Parys aanhangig gemaak weens die dood van die 12-jarige Nkalemelo Latha wat verlede Donderdag deur twee leeus op ’n wildplaas buite die dorp doodgebyt is nie.
Latha en ’n plaaswerker het by ’n leeukamp op die Otavi-wildplaas ingegaan en Latha is deur twee leeus doodgebyt.
Hy het op pad na die Parys-hospitaal aan sy wonde beswyk.
Louis Pulzone, mede-eienaar van die Otaviplaas, het in ’n verklaring gesê hy en sy familie betreur die dood van Latha.
Volgens die ander medeeienaar, Ina Muller, gaan hulle vir Latha se begrafnis betaal.
Pulzone het intussen bevestig hy oorweeg regstappe teen die Four Paws-organisasie wat Donderdag beweer het Otavi is deel van die omstrede bedryf vir geblikte leeus.
The post OTAVI: NOG GEEN AANKLAG Ná SEUN SE DOOD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.