Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

VERGADERING OOR SKANDALE BY SAUK

$
0
0

Die minister van kommunikasie, Faith Muthambi, sowel as die SAUK-raad en Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, moet vanoggend in ’n parlementêre komiteevergadering aan die portefeuljekomitee oor kommunikasie verantwoording doen.

Benewens die skandale by die Openbare Uitsaaier met Motsoeneng aan die stuur, wil die DA ook weet oor ‘n sogenaamde bonus wat laasgenoemde glo gaan kry vir ‘n omstrede ooreenkoms wat hy drie jaar gelede met MultiChoice aangegaan het.

DA-LP en woordvoerder oor kommunikasie, Phumzile van Damme, het beklemtoon Motosoeneng se bonus is een van hul kwelpunte.

Muthambi is in die spervuur omdat haar inmenging wat tot die afdanking van SAUK-raadslede verlede jaar gelei het, onwettig was.

Die komitee het destyds ‘n regsmening oor haar inmenging aanvaar, maar nadat Muthambi ’n mening tot die teendeel aan die komitee voorgelê het, het die ANC-LP’s in die komitee ontken dat hulle ooit die oorspronklike mening aanvaar het.

The post VERGADERING OOR SKANDALE BY SAUK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!