Minstens vyf rowers en ‘n lid van die polisietaakmag in Pretoria is gisteraand dood in ‘n skietgeveg naby Secunda in Mpumalanga.
Minstens sewe verdagtes is ook in hegtenis geneem.
Dit het gevolg nadat die Valke inligting ontvang het dat ’n roofsindikaat na bewering ‘n aanval op ’n SBV-geldwa beplan het.
Beslag is gelê op ’n aantal outomatiese vuurwapens, waaronder AK47-, R4-en R5-gewere, asook plofstof en ’n groot hoeveelheid ammunisie.
The post 5 ROWERS, 1 POLISIELID DOOD IN SKIETGEVEG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.