Die prysgeld wat die wenner van die Hoër Meisieskool Oranje in die stad se kompetisie vir wedvlugduiwe in die sak gesteek het, gaan moontlik weer aan ’n skoolprojek bestee word.
Johan Dempers het die naweek Oranje se kompetisie gewen en R100 000 in sy sak gesteek.
Volgens hom is die plan om ’n gedeelte van die prysgeld aan sy dogters, Jana en Christi, albei leerlinge aan Oranje, te bestee.
Sy vrou, Adèle, is ’n Afrikaansonderwyser aan die skool.
Sy was voorheen ’n redaksielid van Volksblad.
Altesaam 200 wedvlugduiwe is spesiaal vir die projek geteel en teen R3 000 elk opgeveil.
The post WEGVLUGDUIWE: PA GEE PRYSGELD AAN SKOOL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.