Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

UV-STUDENTE GOOI GLO URINE OOR VROUEWAG

$
0
0

Die Universiteit van die Vrystaat, UV, ondersoek ‘n voorval waar studente glo urine oor ’n vroueveiligheidswag gegooi het toe sy hulle glo gekeer het om die kampus te verlaat.

Die UV het die ondersoek na die voorval bevestig.

Dit het glo verlede week plaasgevind toe die veiligheidswag die manstudente gekeer het om die kampus sonder ’n studentekaart te verlaat.

Hulle het met hul kaarte teruggekeer en haar glo met urine gegooi.

Die UV se woordvoerder, Lacea Loader, sê die UV-bestuur is bewus van die beweerde voorval en dit word as ’n saak van dringendheid ondersoek.

Die studenteraadvoorsitter van die Universiteit van die Vrystaat, Lindokuhle Ntuli, sê die raad gee die UV tot einde vandeesweek kans om op te tree teen die studente.

Volgens Ntuli is die voorval van die kultuur van rassisme aan die UV en wys dit daar is steeds ’n apartheidskultuur van uitsluiting, imperialisme en arrogansie.

Ntuli het beklemtoon indien die UV nie teen die naweek opgetree het nie, die studenteraad hul lede gaan mobiliseer.

The post UV-STUDENTE GOOI GLO URINE OOR VROUEWAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!