Suid-Afrika se ekonomiese middelpunt, Johannesburg, word nou deur ’n koalisieregering regeer nadat Herman Mashaba van die DA gisteraand tot uitvoerende burgemeester verkies is.
Hy het 144 stemme gekry teenoor die 125 stemme van die voormalige ANC-burgemeester, Parks Tau.
EFF-raadslede het hul steun aan Mashaba gegee.
Gistermiddag is Vasco da Gama van die DA ook tot speaker verkies.
Een van die vroulike raadslede van die ANC is vroeër gister oorlede kort nadat die benoemings vir burgemeester ingedien is.
The post MASHABA IS JHB SE NUWE BURGEMEESTER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.