Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

STAATS-SIEKEFONDS AMPER BANKROT

$
0
0

Die DA-LP en -woordvoerder oor gesondheid, dr. Wilmot James, eis rekenskap van die betrokkenes wat aan die stuur staan van die staats-siekefonds Gems.

James het gereageer op berigte dat die siekefonds teen die einde van die huidige boekjaar moontlik bankrot kan wees as drastiese kostebesparingsmaatreëls nie ingestel word nie.

Die gevolg is Gems sal dalk ’n reddingsboei van die nasionale tesourie benodig of met ’n ander skema moet saamsmelt, wat aansienlike veranderings in voordele vir sy lede meebring.

James het Mary-Ann Dunjwa, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid, genader om Daniel Lehutjo, waarnemende uitvoerende hoof en registrateur van die Raad op Mediese Skemas, te versoek om voor die komitee te verskyn.

Laasgenoemde moet verduidelik waarom die raad toegelaat het dat Gems se reserwes gedaal het tot onder die 25%-vlak wat statutêr vereis word.

Gems se reserwes is na bewering by 5%.

The post STAATS-SIEKEFONDS AMPER BANKROT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!