Pakistan is die eerste keer sedert die Internasionale Krieketraad se ranglys in 2003 ingestel is, die wêreld se nommer een toetsspan.
Die span, wat Indië as die topspan vervang, het in die afgelope ses jaar in geen toetse in hul eie land gespeel nie weens veiligheidsredes.
Pakistan het die onlangse toetsreeks met Engeland gedeel en tot die eerste plek gevorder nadat die toets tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande in Port of Spain weens reën afgelas is.
The post KRIEKET: PAKISTAN IS NOMMER 1 appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.