‘n Man van Bloemfontein wat sy eie dogtertjie en haar maatjie verkrag het, is tot altesame 59 jaar tronkstraf gevonnis.
Waarnemende regter Nosipho Gela het gister in die hooggeregshof in Bloemfontein gelas dat die 44-jarige man van die Roodewal-hoewes die verskillende vonnisse vir verkragting, seksuele aanranding en kindermishandeling samelopend uitdien.
Hy is dus wat effektiewelik tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is.
Gela het in haar uitspraak gesê die man het sy dogter se gesinslewe vernietig.
Netwerk24 berig sy en haar susters is na ’n plek van veiligheid gebring en haar broer is in die sorg van familielede.
Hul ma dien reeds twee jaar tronkstraf vir kindermishandeling uit nadat sy nie haar man se dade aangemeld het nie.
The post PA VERKRAG DOGTER, MAATJIE: KRY 59 JAAR TRONKSTRAF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.