![JOOST AAN SUURSTOFMASJIEN GEKOPPEL](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-18-150x150.png)
Die oud-Springbok skrumskakel, Joost van der Westhuizen gebruik suurstof wanneer hy dit nodig het, maar sy broer sê Joost is nie afhanklik daarvan nie.
Pieter van der Westhuizen het gisteraand in ’n boodskap op die J9-stigting se Facebook-blad bevestig dat Van Der Westhuizen aan ‘n suurstofmasjien gekoppel is.
Johan Visser van die stigting het in ’n boodskap gesê baie navrae is van die media, ondersteuners en vriende oor die gerugte ontvang.
Visser sê motorneuronsiekte veroorsaak dat die asemhalingspiere verswak en as gevolg hiervan moet pasiënte soms suurstof ontvang omdat hulle ligter asemhaal en dus minder suurstof deur die lyf stuur.
Joost sal heel moontlik vandag sy seun, Jordan, se 13de verjaardag saam met sy voormalige vrou, Amor Vittone, en hul dogter, Kylie, vier.
The post JOOST AAN SUURSTOFMASJIEN GEKOPPEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.