![KROONSTAD-MOORDSAAK UITGESTEL](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Crime_Scene-15-150x150.jpg)
Die verhoor van twee vermeende moordenaars van ‘n vrou van Kroonstad is tot 20 Januarie uitgestel omdat een van die verdagtes nog nie ’n regsverteenwoordiger het nie.
Die mans het gister aangedui dat hulle om borgtog wil aansoek doen.
Die liggaam van Engelé Rossouw is op 26 Desember in haar huis gevind.
Kgatliso Mohoboko en Phello Mosala het gister in Kroonstad in die landdroshof verskyn op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en moord.
Mohoboko het glo ‘n misdaadgeskiedenis en die twee het glo gereeld in ‘n plaaslike taverne gesit en spog oor die misdade wat hulle gepleeg het.
Plaaslike speurders en ‘n polisie-informant, wie se naam nie genoem mag word nie, het die mans kort na die moord op Rossouw in Moakeng vasgetrek.
The post KROONSTAD-MOORDSAAK UITGESTEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.