![MOTSAMAI OP PAROOL VRYGELAAT](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-320-150x150.jpg)
‘n Lid van die PAC se gewapende vleuel APLA, Kenny Motsamai, is na 27
jaar agter tralies op parool vrygelaat.
Hy is in 1989 in hegtenis geneem vir die moord op ‘n verkeersbeampte in Rustenburg nadat hy uit die tronk ontsnap het.
Hy het destyds gevangenisstraf uitgedien vir misdade wat tydens die stryd teen apartheid gepleeg is.
Motsamai is gisteroggend stilweg uit die Boksburg gevangenis vrygelaat om uit die openbare oog te bly.
Hy was sedert verlede jaar op dagparool.
Hy hoef nou nie meer in die aande na die gevangenis terug te keer nie, maar moet egter nog aan sekere paroolvoorwaardes voldoen.
The post MOTSAMAI OP PAROOL VRYGELAAT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.