!['GAUTENG SE WATERBEPERKINGS KAN OPGEHEF WORD'](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-319-150x150.jpg)
Die Departement van Water en Sanitasie sê waterbeperkings in Gauteng kan
slegs opgehef word wanneer die Vaaldam 70% vol is.
Die dam, wat water aan sowat twaalf miljoen mense voorsien, is tans 58% vol.
Weens verlede jaar se erge droogte is waterbeperkings ingestel.
‘n Woordvoerder van die departement, Trevor Bulze sê bogemiddelde reënval word verwag.
‘n Ontleding van die geïntegreerde Vaaldamstelsel sal in Mei gedoen word.
The post ‘GAUTENG SE WATERBEPERKINGS KAN OPGEHEF WORD’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.