Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Droogtehulp: bewerings van korrupsie kwel DA

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Droogtehulp - bewerings van korrupsie kwel DA

Die Demokratiese Alliansie (DA) het gevra vir ‘n ondersoek na gerugte van korrupte bedrywighede in die verspreiding van droogtehulp in die Vrystaat.

DA-leier in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn sê dit het onder sy aandag gekom dat noodfondse wat vir droogteverligting en noodvoer bestem was, moontlik in die sakke van individue met politieke-konneksies beland het.

“Ons het bewyse van ‘n geval waar ‘n begunstigde probeer het om sy noodvoer met kommersiële boere vir vee en geld te ruil.”

“Daar word beweer dat sommige persone wat aangestel is soveel as 30% eis van die fondse wat vir voer vir diere bewillig is,”sê Jankielsohn.

Hy sê die doel van die aangestelde agente is bloot om kontrakverskaffers te betaal wat op hulle beurt die voer moet aflewer.

“Hulle word basies betaal om ‘n paar oproepe te maak.”

Jankielsohn sê die Vrystaatse Departement vir Landbou is veronderstel om self die rol van die agente te vervul.

“Hierdie agente neem geld uit die stelsel uit,” sê Jankielsohn, wat die kantoor van die Vrystaatse Openbare Beskermer (OB) gevra het om ondersoek na die bewerings van korrupte bedrywighede in te stel.

"KUBAANSE INGENIEURS DOEN NIKS IN DIE PROVINSIE" - ROY JANKIELSOHN

Roy Jankielsohn

Jankielsohn sê daar was reeds ‘n geval waarin droogtehulp aan individue, wat dit nie nodig gehad het nie, gegee was.

“Ons het bewyse van ‘n geval waar ‘n begunstigde probeer sy noodvoer met kommersiële boere vir vee en geld wou ruil.

Ook hierdie geval is onder die aandag van die kantoor van die OB gebring.

Jankielsohn sê die bewerings is ‘n “hartseer aanklag teen die Vrystaatse regering. Broodnodige droogteverligting , hoe gering ookal, word vir persoonlike gewin misbruik terwyl dit hulp aan die mees geaffekteerde boere moes bring.”

The post Droogtehulp: bewerings van korrupsie kwel DA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!