![3 RUGBYSPELERS GEDAGVAAR](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/rffre-1-150x150.jpg)
Die All Black rugby-legende Dan Carter en twee van sy spanmaats by Racing 92 is gedagvaar om voor Frankryk se agentskap teen die gebruik van verbode middels te verskyn oor die gebruik van kortikosteroïede.
Carter, mede-All Black Joe Rokocoko en die Argentynse vleuel Juan Imhoff is betrek by ’n ondersoek deur die mediese raad van die Franse Rugbyfederasie nadat hulle positief getoets het vir kortikosteroïede ná afloop van die plaaslike Top14-liga.
Die drie, insluitende die span se mediese personeel, is in Oktober kwytgeskeld.
The post 3 RUGBYSPELERS GEDAGVAAR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.