Brandbestryders in die Wes-Kaap is steeds op bystand nadat minstens drie reuse veldbrande die afgelope week groot skade in die provinsie aangerig het.
Die veldbrand op die Druk My Niet-wynlandgoed in die Paarl is gisteraand onder beheer gebring maar honderde hektaar veld is deur die vlamme verswelg.
Spanne brandbestryders is tans besig om groot veldbrande in die Helderberg-kom naby Kaapstad en in Melkbosstrand aan die Kaapse Weskus te blus.
The post WES-KAAP: BRANDBESTRYDERS OP BYSTAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.