![MIN KONTAK TUSSEN TRUMP SE SPAN EN AMPTENARE](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-316-150x150.jpg)
Aanduidings is dat daar min kontak is tussen die aangewese Amerikaanse
president, Donald Trump, se oorgangspan en amptenare van die Departement van Buitelandse Sake.
Die minister van Buitelandse Sake, John Kerry is deur die media gevra hoe die oorgangsproses vorder, waarna hy geantwoord het, dat dit redelik glad verloop omdat daar nie veel gebeur nie.
Kerry het ook gesê dat hy Trump se keuse vir die nuwe minister van Buitelandse Sake, Rex Tillerson, nog nie ontmoet het nie.
Tillerson is die bestuurshoof en president van die reuse oliemaatskappy – ExxconMobil – en is glo goed bevriend met die Russiese president, Wladimir Poetin.
The post MIN KONTAK TUSSEN TRUMP SE SPAN EN AMPTENARE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.