Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

ONDERSOEK PLANNE OM PADSTERFTES TE VERMINDER, VRA DA

$
0
0
ONDERSOEK PLANNE OM PADSTERFTES TE VERMINDER, VRA DA

Die DA gaan die portefeulje komitee oor vervoer nader vir ‘n ondersoek na die
doeltreffendheid van die regering se planne om padsterftes te verminder.

Die DA se skaduminister vir Vervoer, Manny de Freitas, sê die minister van
vervoer, Dipuo Peters kondig elke jaar dieselfde plan aan om die padsterftes te
verminder, insluitend veldtogte wat nie die gewenste resultate oplewer nie.

Die minister het die skerp toename in padsterfte-syfers die afgelope Desember
vakansie aan ongekwalifiseerde en roekelose bestuurders toegeskryf.

Die departemente van Vervoer en Justisie oorweeg dit om dronkbestuur ‘n
Skedule 5-oortreding te maak nadat skokkende padsterftesyfers vir die afgelope vakansieseisoen gister bekend gemaak is.

Die minister van Vervoer, Dipuo Peters het by ‘n mediakonferensie in Midrand, Gauteng, aangekondig dat 1 714 mense in die feestyd op die land se paaie gesterf het.

Dit is ‘n toename van 5% in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

Peters sê sy is in gesprek met die departement van Jusitisie om dronkbestuur as ‘n Skedule 5-oortreding op die wetboeke te plaas.

5 943 mense is vir dronkbestuur vasgetrek, en 9 175 motoriste is vir spoed aangekeer.

The post ONDERSOEK PLANNE OM PADSTERFTES TE VERMINDER, VRA DA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!