Drie mans, vermoedelik van Swaziland of Zimbabwe, is gistermiddag net
buite die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum in Kuilsrivier by Kaapstad met ’n renosterhoring, klein stukkies ivoorballetjies en ’n klein ivoortand in hul besit betrap.
Polisiebeamptes in ’n ongemerkte bakkie het die silwer motor voorgekeer net nadat dit die parkeerterrein van die winkelsentrum verlaat het.
Die polisie woordvoerder, kaptein Frederick van Wyk, sê die drie verdagtes sal in die hof verskyn sodra hulle formeel aangekla is.
The post 3 MANS MET RENOSTERHORING, IVOOR BETRAP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.