![RABADA, DE KOCK IN DIE TOP TIEN](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-302-150x150.jpg)
Kagiso Rabada en Quinton de Kock het volgens die Internasionale Krieketraad se jongste ranglyste tot onder die wêreld se top tien boulers en kolwers geklim ná hul goeie vertonings teen Sri Lanka.
Die 21-jarige Rabada het met nege plekke gespring tot nommer agt op die ranglys vir boulers.
Die 24-jarige De Kock is nou die agtste beste en ook Suid-Afrika se voorste toetskolwer.
AB de Villiers is in die negende en Hashim Amla in die 10de plek.
Dale Steyn is steeds Suid-Afrika se voorste bouler ondanks sy skouerbesering en is in die vyfde plek met Vernon Philander negende op die lys.
Steve Smith van Australië is tans boaan die lys van kolwers en Ravichandran Ashwin van Indië is die nommer een bouler
The post RABADA, DE KOCK IN DIE TOP TIEN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.