![YSIGE WEER REGOOR EUROPA](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-301-150x150.jpg)
Meer as 20 mense is dood in ysige weerstoestande regoor Europa met swaar sneeu wat selfs op die Griekse eilande en in die suide van Italië voorgekom het.
Minstens 10 mense is weens die koue in Pole dood en die nagtemperature in Rusland het tot 30 grade Celsius onder vriespunt gedaal.
In Italië is vlugte en veerbootdienste gekanselleer.
In Turkye is die straat van Bosphorus vir skeepvaart gesluit weens ‘n swaar sneeustorm in Istanboel.
The post YSIGE WEER REGOOR EUROPA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.