![VERSKEIE AANVALLE IN MIDDE-OOSTE](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-296-150x150.jpg)
Verskeie aanvalle het in die Midde-Ooste voorgekom.
In Israel is vier soldate dood en vyftien beseer toe ‘n vragmotor deur ‘n skare op ‘n gewilde promenade geploeg het.
Die bestuurder is op die toneel doodgeskiet.
In Bagdad is 12 mense in ‘n selfmoordbomaanval by ‘n groentemark dood.
Die Islamietiese Staat het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.
In Damaskus, in Sirië, is 15 mense dood toe ‘n motorbom naby die stad ontplof het.
The post VERSKEIE AANVALLE IN MIDDE-OOSTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.