![KRAGSKULD: MUNISIPALITEITE KRY HULP, NIE GELD](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-297-150x150.jpg)
Munisipaliteite wat Eskom geld skuld, gaan nie kontantinspuitings kry om hul
skuld te help delg nie, maar eerder gehelp word om by betalingsooreenkomste te hou sodat hul krag nie afgesny word nie.
Netwerk24 berig die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake het Vrydag beklemtoon daar is nooit ’ n belofte gemaak dat die departement munisipaliteite se skuld sal delg of enige vorm van geldhulp sal bied nie.
Regter Hans Fabricius het Donderdag beslis dat Eskom die reg het om tien munisipaliteite se kragtoevoer af te sny om miljoene rande se uitstaande skuld in te vorder.
Die sewe betrokke munisipaliteite in die Vrystaat is Tokologo, Nketoana, Nala, Mantsopa, Masilonyana, Dihlabeng en Moqhaka.
Eskom gaan op 16 Januarie begin om krag af te sny van dié munisipaliteite wat dan nog nie begin betaal het nie.
The post KRAGSKULD: MUNISIPALITEITE KRY HULP, NIE GELD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.