!["ZUMA SE TOESPRAAK BEWYS ANC IS BESIG OM DOOD TE GAAN"](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-295-150x150.jpg)
President Jacob Zuma sê grondhervorming en die herverspreiding van grond
in Suid-Afrika gaan met groter spoed en dringendheid toegepas word.
In die ANC se 8 Januarie-verklaring wat deur Zuma gelewer is op die party se 105de verjaardagvieringe die afgelope naweek, word onder meer gesê die ANC moet op radikale ekonomiese transformasie fokus om seker te maak die land en sy mense is welvarend.
Zuma het gesê die ANC moet die ekonomie laat groei, meer werkgeleenthede skep en die grond teruggee aan die mense.
Die DA-leier, Mmusi Maimane, het intussen op sy beurt gesê gister se toespraak deur president Jacob Zuma by die 105de verjaardagvieringe van die ANC in Soweto is ‘n bewys dat die party besig is om dood te gaan.
Hy sê die ANC is nie net verdeeld nie, maar ook uit voeling met die kiesers.
Maimane sê die ANC vier fees terwyl meer as nege-miljoen Suid-Afrikaners sonder werk sit.
Politieke wetenskaplikes het ook Zuma se toespraak as swak beskryf, en gesê dit is duidelik vir die president geskryf met die doel om ‘n omkeer-proses oor denkwyses rakende die party te bewerkstellig.
The post “ANC IS BESIG OM DOOD TE GAAN” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.