![ZIMBABWE SOEK FINANSIëLE STEUN TEEN INGEWANDSKOORS](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-293-150x150.jpg)
Die Zimbabwiese regering het ’n dringende oproep om finansiële steun gedoen
om ingewandskoors te bestry te midde van vrese van ‘n cholera-uitbreking in die land.
Die minister van gesondheid, David Parirenyatwa, het skenkers en kerkleiers gevra om te help met die insameling van sowat 250 000 dollar.
Hy sê die toestand is kritiek nadat minstens nege mense dood en meer as 2200 gevalle van ingewandskoors aangemeld is.
Die oorgrote meerderheid daarvan in die hoofstad, Harare.
The post ZIMBABWE SOEK FINANSIëLE STEUN TEEN INGEWANDSKOORS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.