![INWONERS GEMAAN OM WATER SPAARSAMIG TE GEBRUIK](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-292-150x150.jpg)
Die Vrystaatse departement van waterwese en sanitasie het inwoners gemaan om steeds water spaarsaam te gebruik al het goeie reën die afgelope ruk in die provinsie voorgekom.
Netwerk24 berig volgens Marcus Monyakeni, woordvoerder van die departement, is damme in die provinsie tans 53% vol, wat ses persentasie-punte minder is as verlede jaar hierdie tyd.
Monyakeni het inwoners gevra om reënwater op te gaar terwyl daar op nog reën gehoop word en hulle gemaan om oordeelkundig met die huidige watervoorraard te werk te gaan.
Intussen het Tonie Rossouw, senior weervoorspeller van die Bloemfonteinse
weerkantoor, bevestig meer reën word vandeesweek in groot dele van die Vrystaat verwag.
Dit behoort die stand van damme ‘n stewige hupstoot te gee.
Tans staan is die Gariepdam 43,8% vol, die Vanderkloofdam 54,5% vol en die Vaaldam staan tans op 44,8% water.
In alle gevalle is die syfers swakker vergeleke verlede jaar hierdie tyd.
The post INWONERS GEMAAN OM WATER SPAARSAMIG TE GEBRUIK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.