![DIE PRODUKTIEFSTE LAND IN DIE WêRELD](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-291-150x150.jpg)
Luxemburg is volgens ’n opname wat in 2015 deur die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling gedoen is, die produktiefste land in die wêreld.
Die tydskrif Time berig dat dié land ’n gemiddelde werkweek van net 29 uur het.
Ierland is in die tweede plek gevolg deur Noorweë en België.
Mexiko is laaste op die lys van die wêreld se 35 produktiefste lande.
Suid-Afrika is nie op die lys nie.
The post DIE PRODUKTIEFSTE LAND IN DIE WêRELD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.