![Rosestad 100.6 Nuus SA beklink reeks](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-SA-beklink-reeks-150x150.jpg)
Suid-Afrika het Sri Lanka in die tweede toets op Nuweland in Kaapstad met 282 lopies verslaan.
Sri Lanka, wat vanoggend op dag vier sy tweede beurt op 130 vir vier hervat het, is vir 224 lopies uitgehaal met Kagiso Rabada wat ses paaltjies vir 55 lopies laat kantel het vir ‘n totaal van 10 in die wedstryd.
Vernon Philander het drie paaltjies vir 48 lopies ingeoes.
Sri Lanka se kaptein, Angelo Mathews, het die beste met die kolf gevaar met 49 lopies.
Suid-Afrika het ook met die oorwinning die reeks van drie wedstryde beklink nadat hulle die Oukersdag-toets in Port Elizabeth oortuigend gewen het.
Rabada het kort voordat spel vandag hervat is gemeen daar was nog genoeg in die kolfblad om vyf paaltjies in te oes:
Meer oor Abbot vandag bekend
Suid-Afrika sal na verwagting vandag uitsluitsel gee oor die toekoms van die snelbouler, Kyle Abbott.
Hy word verbind met ‘n Kolpak-ooreenkoms met die Engelse graafskap, Hampshire.
Indien hy die ooreenkoms aangaan, sal dit beteken dat hy nie meer vir Suid-Afrika internasionale krieket sal kan speel nie.
The post SA BEKLINK REEKS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.