Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

EERSTE CHRISTELIKE INHULDIGING IN VSA SE GESKIEDENIS VIR TRUMP

$
0
0
ROSESTAD 100.6 Nuus EERSTE CHRISTELIKE INHULDIGING IN VSA SE GESKIEDENIS VIR TRUMP

Donald Trump sal die eerste president in die geskiedenis van Amerika wees wat ‘n Christelike inhuldiging sal hê.

Die aangewese president het aangekondig dat ses Christelike persoonlikhede toesprake en boodskappe by die inhuldigingsdiens sal lewer.

Onder hulle is Kardinaal Timothy Dolan van New York wat ‘n boodskap uit Die Bybel sal lewer.

Ander Christen-figure sluit in die evangelis, Pastoor Paula White en Samuel Rodriguez van die Spaans-Amerikaanse Christelike Leierskapskonferensie.

‘n Woordvoerder vir die Presidensiële Inhuldiginskomitee sê sedert die eerste inhuldiging het Amerikaanse leiers gefokus op die vryheid wat aan die mense van Amerika gegee is.

“Die Christelike-leiers sal dien as voorbeeld van watter rol geloof in Amerika speel.”

Trump sal op 20 Januarie in Washington as die 45ste president van Amerika ingehuldig word.

Sy teenstaander in die onlangste presidensiële verkiesing, Hillary Clinton, sal saam met haar man, voormalige president Bill Clinton, die inhuldigingsgeleentheid bywoon.

Die voormalige presidente George W Bush en Jimmy Carter het aangedui dat hulle dit ook sal bywoon.

 

The post EERSTE CHRISTELIKE INHULDIGING IN VSA SE GESKIEDENIS VIR TRUMP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!