Sowat 40% van Anglo American se 300 jaar oue Vergelegen-wynplaas by Somerset-Wes is reeds in die reusebrand in die Helderberg-kom afgebrand.
Die plaasbestuurder, Don Tooth, het aan News24 gesê die plaas het erg onder die brand deurgeloop en sowat 40% van die plaas se 3000 hektaar het in die slag gebly.
Anglo American se hoof van kommunikasie, Pranill Ramchander, het ook aan die Bloomberg-agentskap gesê geen geboue op die plaas is beskadig nie.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het intussen vandag gewaarsku dat daar steeds ’n groot moontlikheid van veldbrande in die Wes-Kaap in die omgewing van Kaapstad bestaan.
The post SOMERSET-WES: 40% VAN WYNPLAAS AFGEBRAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.