Die hoogswanger vrou van Pretoria wat haar eersteling verloor het nadat ’n motor by ’n motorwassery oor haar gery het, die 35-jarige Belinda Louw, is steeds in ’n kritieke toestand.
Netwerk24 berig haar toestand is onveranderd en sy is steeds onder verdowing in die waakeenheid van die Muelmed-hospitaal.
Sy het veelvuldige interne beserings en breuke opgedoen toe ’n motorwasser met ’n kliënt se Toyota Fortuner bo-oor haar gery het.
Sy was 38 weke swanger en het haar baba, wat Vrydag deur middel van ’n keisersnee gebore sou word, in die proses verloor.
The post VROU STEEDS KRITIEK NA MOTOR OOR HAAR RY appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.