Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

GEDENKDIENS VIR 11 VAN BUSTRAGEDIE

$
0
0

’n Gedenkdiens word Woensdag gehou vir die 11 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat Vrydag in ‘n bustragedie gesterf het.

Die bus met 42 lede was op pad terug van Qwaqwa se Vrouedag-vieringe toe dit in die Golden GateHoogland Nasionale Park by ’n afgrond langs die R712 afgerol het.

Nege mense is op die toneel dood, en twee later in die hospitaal.

Netwerk24 berig verskeie passasiers het beserings opgedoen wat van ernstig tot kritiek gewissel het.

Hulle het op die toneel behandeling ontvang en is na plaaslike hospitale gebring.

Weermagwoordvoerder brig.genl. Xolani Mabanga het gesê die tyd en die plek van die gedenkdiens moet nog aangekondig word.

The post GEDENKDIENS VIR 11 VAN BUSTRAGEDIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!