![VAKANSIEGANGERS GEWAARSKU OOR HAAIE](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-254-150x150.jpg)
Die Kaapse stadsraad het vakansiegangers en baaiers gevra om te let op kennisgewings oor haaie by strande en na haai-opspoorders te luister wanneer hulle mense vra om uit die see uit te kom.
Die raad sê in ‘n verklaring alles moontlik word gedoen om die veiligheid op strande op te skerp, veral op die tradisionele stranddae soos Welwillendheidsdag, Nuwejaarsdag en Tweede Nuwejaar.
Die beweging van haaie word by agt Kaapse strande gemonitor.
Mense word ook gevra om waaksaam te wees en as hulle haaie sien, dit dadelik by die Shark Spotters aan te meld.
The post VAKANSIEGANGERS GEWAARSKU OOR HAAIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.