![5 DOOD IN AFSONDERLIKE PADONGELUKKE](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Car_accident-15-150x150.jpg)
Twee mense is vroeg vanoggend dood en nog drie ernstig beseer toe ‘n minibus-taxi op die N1 tussen Beaufort-Wes en Leeu-Gamka gerol het.
Volgens die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, het die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor.
Die taxi was na die Oos-Kaap op pad.
In nog ‘n noodlottige ongeluk is drie mense vanoggend dood en 21 beseer in ‘n botsing reg van voor tussen twee taxi’s op die R26 sowat 15 kilometer buite Ladybrand in die Vrystaat.
Volgens Russel Meiring van die ER24-nooddiens is albei bestuurders en ‘n passasier dood.
Vier van die passasiers van een van die taxi’s moes met meganiese toerusting uit die wrak bevry word.
The post 5 DOOD IN 2 AFSONDERLIKE PADONGELUKKE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.