Die hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride het ‘n regstreekse leuenverklikkertoets afgelê.
McBride het vroeër die Gautengse hoof van die Valke, Prince Mokotedi uitgedaag om ook ‘n leuenverklikkertoets te ondergaan.
Dit volg nadat Mokotedi nege aanklagte waaronder hoogverraad teen McBride ingedien het.
‘n Woordvoerder van Opod, Moses Dlamini sê die uitslag van die toets behoort binne 48 uur beskikbaar te wees.
The post MCBRIDE ONDERGAAN LEUENVERKLIKKERTOETS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.