Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

GEEN VERHOGING IN KLASGELD VOLGENDE JAAR

$
0
0

Studente aan universiteite sal volgende jaar weer geen verhoging in klasgeld kry nie ondanks die feit dat dit die ondergang van Suid-Afrikaanse universiteite kan lei.

Pres. Jacob Zuma het opdrag gegee dat studente wéér volgende jaar hulle sin moet kry met geen verhoging in studiegeld nie.

Netwerk24 berig Zuma het verlede Sondag vir dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, en Pravin Gordhan, minister van finansies, opdrag gegee om ’n manier te vind om vir die tweede agtereenvolgende jaar ’n 0%-verhoging in klasgeld te verseker.

Dít terwyl die tesourie slegs enkele dae tevore aan die Heher-kommissie van ondersoek oor klasgeld gesê het so ’n stap is eenvoudig onbekostigbaar.

Universiteitshoofde waarsku ook al geruime tyd dat hulle aan die einde van die jaar klasgeld sal móét verhoog as hulle enigsins lewensvatbaar wil bly en Zuma se opdrag kan haas die doodskoot vir menige van hulle wees.

The post GEEN VERHOGING IN KLASGELD VOLGENDE JAAR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!