Die 30-jarige bestuurder van ‘n bakkie en inwoner van die Zwelihle woonbuurt buite Hermanus in die Wes-Kaap sal môre in die landdroshof in die Strand verskyn in verband met ‘n groot perlemoen vonds vroeër vandeesweek.
Hy is in hegtenis geneem nadat die polisie die bakkie in die Strand voorgekeer en op verskeie swart sakke met ontskulpte perlemoen agterin die bak afgekom het.
Die waarde van die perlemoen word op R1,5 miljoen geraam.
The post SAKKE MET ONTSKULPTE PERLEMOEN IN BAKKIE GEVIND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.