![WêRELDSTEDE VAN DIE TOEKOMS: KAAPSTAD OP LYS](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/1A-19-150x150.png)
Die gesaghebbende internasionale publikasie Financial Times het Kaapstad as een van die wêreld se top stede gelys vanweë die stad se buitelandse beleggingstrategie.
Kaapstad is die enigste stad in Afrika op die lys en beklee die 21ste plek op die Financial Times se lys van Wêreldstede van die Toekoms.
Kaapstad se onderburgemeester, Ian Neilson, sê die stad en private vennote het die afgelope tien jaar baie hard gewerk om die Moederstad as beleggingsbestemming bekend te stel.
Hy sê ‘n hele aantal buitelandse maatskappye het intussen kantore in Kaapstad geopen, wat beteken dat die stad se strategie vrugte afgewerp het.
The post WêRELDSTEDE VAN DIE TOEKOMS: KAAPSTAD OP LYS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.