![KORINGOES SE SKATTING STYG MET 6%](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/1A-18-150x150.png)
Vanjaar se kommersiële koringoes word danksy gunstige weersomstandighede nou 6% hoër geskat as die vorige oesskatting.
Die Nasionale Oesskattingskomiteehet in sy jongste oesskatting geraam dat vanjaar se oes 1 876 miljoen ton sal beloop teenoor die vorige skatting van 1 766 miljoen ton.
Die Wes-Kaap het vanjaar besonder goeie graanoeste behaal in ’n produksietyd wat gekenmerk is deur gemiddelde reënval wat goed versprei is tot in September, en ongekende goeie weer tydens oestyd.
The post KORINGOES SE SKATTING STYG MET 6% appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.